Event Details


Die kultuurhistoriese bustoer van die Stellenbosch-museum, wat jaarliks plaasvind as die museum se bydrae tot die e’Boschfees, kry vanjaar ‘n interessante nuwe kinkel by.

Benewens ‘n besoek aan ‘n paar van die e’Bosch-dorpies (gemeenskappe in die Stellenbosse munisipale distrik), sal deelnemers ook ‘n Amazing Race in Jamestown kan meemaak.

Op 21 September om 09:00 klim deelnemers op die bus voor Erfurthuis, by Ryneveldstraat 37.  Die bus vertrek dan na Idasvallei vir ‘n besoek aan die biblioteek om ‘n uitstalling te besigtig.

Vanaf Idasvallei ry die bus na Cloetesville waar Pietman Retief die geskiedenis van die dorp aan deelnemers sal vertel.  Vandaar gaan ons op ‘n deurritbesoek aan Khayamandi.

Die toer eindig af in Jamestown, waar deelnemers by River Garden uit die bus klim om deel te neem aan ‘n opwindende Amazing Race deur Jamestown se strate.

Die toer word afgesluit in die tuin by River Garden met ‘n heerlike potjiekos- middagete.

Die koste beloop R50 per persoon en besprekings moet gedoen word by Esmé by 021 887 2937.