Aangebied deur die Stellenbosch Museum in samewerking met die US Woordfees 2020.

Pietman Retief neem deelnemers op ‘n begeleide toer deur die middedorp terwyl hy die geskiedenis van historiese geboue en ander interessante staaltjies oor die dorp vertel.  Deelnemers word aangeraai om gemaklike stapskoene en ‘n trui saam te bring.

Die wandeling word aangebied op Dinsdag 10 Maart en begin om 18:00 by die VOC Kruithuis.

Verversings word tydens die wandeling by sekere geboue aangebied.

Kaartjies is beperk en beloop R170 per persoon.

Vir besprekings of navrae kontak asb. vir mev Esmé Adriaanse by tel. 021 887 2937.