BECOME A FRIEND

Word ‘n Vriend van die Stellenbosch Museum

Wie is die Vriende:

Die vriende staan die Stellenbosch Museum by in projekte en fondsinsamelings.
Onderhoud en opgradering van die museum en sy inhoud is baie belangrik om besoekers die besonderse ervaring te gee waarvoor Stellenbosch bekend is.
Die vriende se bydrae is om die museum meer toeganklik vir die gemeenskap van Stellenbosch te maak. Ons is betrokke in gemeenskapsprojekte om Stellenbossers van alle agtergronde welkom te laat voel by die Museum. ‘n Verskeidenheid geleenthede word elke jaar beplan om almal se smake te bevredig……..

Die voordele van Vriendskap:

  • Kaartdraende lede is geregtig op gratis toegang na die Museum se fasiliteite insluitend die biblioteek in Erfurthuis.
  • Lede ontvang sesmaandeliks ‘n tydskrif, die Stellenbossania, met kosbare inligting oor gebeure in en om die dorp.
  • U kry ‘u jaarprogram, sodat u vroegtydig weet van die vermaaklikhede wat ons aanbied.
  • U kry die geleentheid om betrokke te raak by u gemeenskap en om mense te ontmoet!!
Please complete the form if you are interested in becoming a friend of the museum

12 + 13 =